Northmec maak deure oop inThabazimbi
THABAZIMBI – Groot opwinding het by Northmec geheers toe die besigheid hulle deure vir die eerste keer in Thabazimbi opgemaak het. Die firma is veral op die landbousektor toegespits en dit was veral boere was genooi is om die dag saam met Northmec span te deel. Uitstallings van trekkers, ploeë, stropers en ander plaasimplemente het die besoekers begroet. Die bestuurder van die tak, mnr Sias Humphries, het die gaste verwelkom. Dit is opgevolg met ‘n visuele oorsig oor wat Northmec bied asook wat die maatskappy behels. Die tak wil hulle daarop toespits om goeie diens te lewer, vinnige besluite te neem en so spoedig moontlik onderdele te verskaf waar dit nodig sou wees. Na die verrigting afgehandel is, is daar lekker gekuier en trekkers besigtig met die klank van dieselenjins in die lug. Die dag is afgesluit met ‘n gesellige braai en kuier om die tafels.