HFM eerste netbalspan wen PHS
THABAZIMBI – Tydens die Limpopo Kampioenskappe te Polokwane op 17 Julie 2007 het die Eerste Netbalspan van HFM te staan gekom teen HS Pietersburg in die semi-finale rondte. Na ekstra speeltyd wen HFM 13-12. Hulle speel in die finale rondte teen Hoërskool Frans du Toit en verloor 12-14. Die Eerste Netbalspan van Hoërskool Frikkie Meyer verteenwoordig Limpopo tydens die Noord-Vaal Kampioenskappe te Avion Park op 27 en 28 Julie 2007. Die spanlede is Petro Eloff, Christine Reyneke, Kelly Ralekgokgo, Rhoné Rheeders, Lili van Deventer, Mareli Storm, Anita Loots en Monique Barnard. Die span word afgerig deur Mariaan Senekal.