General

Cornè staan groot skoene vol op nommer 6

Tobie Lombard

SWARTKLIP – ‘n o/13 rugbyspeler van die Laerskool Platina op Swartklip, Cornè Gerber het die pas afgelope skoolvakansie geskiedenis vir sy skool gemaak op Kroonstad tydens die jaarlikse Bokkie-rugbyfees. Dié sportfees is die grootste enkele skole sportbyeenkoms in Suid-Afrika. Cornè wat gewoonlik agsteman speel is vir die bokkies o/13 span as flank gekies. Hy is ook aangewys as die beste flank in sy posisie én was ook “man van die wedstryd” tydens die span se tweede wedstryd teen Noord-Transvaal se jong bulletjies. Tydens die byeenkoms het hierdie kranige jong sportman flank, agsteman en slot gespeel. Cornè wat Dinsdag 10 Julie sy 13e verjaardag gevier het, is nie net op die rugbyveld ‘n uitblinker nie. In sy ouerhuis op Swartklip pryk talle trofee en medaljes vir sy prestasies op die atletiekbaan en vir skopboks. Dit is nog nie duidelik oor wanneer en teen wie die gekose spanne sal deelneem nie, maar ‘n aankondiging word eersdaags verwag. In die verlede is daar Gaselle spanne gekies (aangewys deur die onderskeie unies) om die rol van teenstaanders te vervul.