General

Afrikaner beeste presteer as natuurlike veldvleisras

THABAZIMBI – By ‘n besige, goed georganiseerde Landbou Skou in Thabazimbi, was daar hierdie jaar, ‘n uitstalling van goeie gehalte beeste, goed aangepas en natuurlike omstandighede en goed afgerond deur Pronk Afrikaners van Pieter en Elbie de Kock. Veral die uitstalling van sewe bulle wat op natuurlike voeding geplaas is waar geen kragvoer of eetlus stimulante gebruik is nie, dus natuurlike veldvleis (natural beef) het baie aandag getrek. Die Afrikaner beesras het sy ontstaan in Afrika en het finaal gesetel in Suid-Afrika. Dus, ‘n inheemse ras uit Afrika vir Afrika. Die lae geboortegewig van die klawers verlaag kalfmortaliteit en lae klafverktes in ekstensiewe omstandighede waar roofdiere groot skade kan aanrig. ‘n Ovaal vormige kop met prominente oogbanke en oogwimpers wat die oë beskerm teen besering, infeksies en parasiete. ‘n Natuurlike weerstand teen siekte deur wild oorgedra soos byvoorbeeld snotsiekte. Die bees se medium grootte raam, sterk bene en hoewe verseker gemak van stap en hulle kan kilometers in bergveld en woestyn stap en kan selfs so min as een maal in 3 dae water suip indien nodig. As gevolg van die bogenoemde eienskappe is dit die ideale beesras om natuurlike veldvleis te produseer. Afrikaner beesvleis het ‘n fyn grein en besonderse marmering, wat dit van die sagste en smaaklikste beesvleis op die mark maak. Dit is nou die tyd om nuut en vars oor beesteling na te dink vir ‘n suksesvolle, gemaklike, winsgewende beesboerdery is die Arikaner ideaal. By die interras kompetisie op die skou waar sewe rasse vertoon is, het Pronk Afrikaners drie 3de plekke en ‘n 1ste plek verower. Die rol van die Arikaner in Suid-Afrika is besig om te verstewig, veral as produsent van natuurlike veldvleis aan die verbruiker.