Impakstudie wys Expo groei net sterker en groter
THABAZIMBI – Gegrond op die impakstudie wat die Universiteit van Pretoria tydens vanjaar se Expo gedoen het, word die Thabazimbi Expo net sterker en groei dit steeds. Die resultate is gebaseer op die impakstudie wat die universiteit verlede jaar gedoen het en onderhoude wat met besoekers en uitstallers gevoer is tydens vanjaar se Expo. Sekerlik die belangrikste feit wat na vore getree het is dat die Expo ‘n groot rol speel in die ekonomiese en sosiale groei van die dorp en omgewing. Die studie is deur me Tania Steyn en professor Ernie Heath van die Universiteit van Pretoria gedoen met fondse wat deur Kumba bewillig is. As dit nie vir hierdie befondsing deur Kumba was nie, sal die werklike impak van die Expo op die voordele wat dit vir Thabazimbi en die hele omgewing inhou nie uitgelig kon word nie. Volgens die studie het besoekers getalle met 8 persent toegeneem. In 2006 het 24 121 mense die Expo bygewoon. Vanjaar was die bywoningsyfer 26 033.. ‘n Totaal van R21.5 miljoen is deur die besoekers en uitstallers spandeer wat ‘n 7.5 persent groei teenoor verlede jaar se syfers toon. Wat van wesenlike belang is, is die feit dat hiervan R9,26 miljoen nuwe geld is wat van buite in Thabazimb spandeer is. Hierdie is ‘n groei van 23 persent teenoor die geld wat verlede jaar ingestroom het. Buiten die ekonomies impak, dra die Expo daartoe by dat talle ander voordele geskep word, onder andere die skepping van nuwe intrepreneurs en indiensneming geleenthede. Thabazimbi word op hierdie manier deeglik bemark en talle plaaslike sakemanne het aangedui dat die 2007 Expo sover die beste was. Tydens die voorlegging wat professor Heath en sy span gedoen het, is ‘n paar stretegiese prioriteite uitgewys om die Expo van groot tot uitstekend en die grootste dorpsfees in Limpopo uit te bou.