Thaba Riders help Bejaardesorgsentrum
THABAZIMBI – Thaba Riders, die motorfietsklub in Thabazimbi, het hulle betrokkenheid by die gemeenskap getoon deur ‘n donasie van R25 000 aan die Tambotie Sentrum vir verswakte bejaardes te skenk. Die tjek is Vrydag 15 Junie tydens ‘n geselligheid aan die bestuur van die Sentrum oorhandig. Die meeste van die geld is ingesamel tydens ‘n liefdadigheidsren wat op 26 Mei deur Bosveld Midas in samewerking met Thaba Riders aangebied is. Alle motorfietsgeesdriftiges kon toe saam met hulle vanaf Thabazimbi Gholfklub tot by Bosveld Midas saamry waar daar toe saam gekuier is. Verskeie goedere is ook tydens die geleentheid opgeveil. ‘n Kontantkroeg asook braaivleisvure het vir ‘n lekker kuieratmosfeer gesorg. Thaba Riders bedank dan ook vir Raymond van Echo Mountain vir die verskaffing van kroegfasiliteite. Tydens die oorhandigingseremonie het Piet Venter, voorsitter van die Thaba Riders, genome dat hy en nog een van die ander lede, Hannes Nortjé, een dag met Paul Scruton van Bosveld Midas gepraat oor wat hulle as klub in samewerking met Bosveld Midas, vir die dorp kan doen. Aangesien ouderdom iets is wat almal se voorland is, is daar besluit om die bejaardes by te staan in hulle stryd vir goeie versorging, veral op die stadium wat hulle verswak is. Daar is toe op die Tambotie Sentrum vir verswakte bejaardes besluit en ‘n komitee is saamgestel om die mikpunt van R20 000 haalbaar te maak. Daar is toe op die liefdadigheidsren besluit en planne is gemaak om vir ‘n gesellige dag te sorg. Die dag is ongelukkig maar swak deur die inwoners van Thabazimbi ondersteun. Die lede van Steel Riders, die Harley Davidsonklub, word veral vir hulle goeie ondersteuning bedank. Hy het gesê dat hulle voort sal gaan met hulle liefdadigheidsaksie en dat beplanning aan volgende jaar se byeenkoms reeds begin het. Hulle daag dan ook ander instansies in die dorp uit om op hierdie skenking te verbeter. Die borge wat direkte kontant of goedere bydraes gemaak het was Manni van Foodzone, Trevor van TC Mining, Rudi van Konstructica, Liezie van Montane Eiendomme, Renier van Amper Mahala, Jan van Diesel Elektries Brits, Altrec Plant Hire, Koos Peacock van Peacock Staalwerke, Chris van Vliegpoort Drankwinkel, Elna van Lubners, Hendrik Joubert vir die rally badges, Wessel van Thaba Bakkie Centre, Hannes van JJ Auto Electrical, Ettienne van Bosgas en Hannes van Thaba Spar. Die ander individue was Paul Dreyer vir die musiek, Johan wat die veiling aangebied het, Gawie Hendriksz wat die terrein uitgelê het asook Dries en Nico vir donasies. Paul sê dat daar selfs ‘n jong seun was wat sy sakgeld geskenk het vir die doel. Hulle vra om verskoning indien enige van die donateurs uitgelaat is en bedank almal wat die dag ondersteun het.