Tuks swemmers presteer
THABAZIMBI – Die Tuks swemmers het die afgelope naweek hul laaste “Age-Group” in Pretoria geswem en puik prestasies gelewer.
Vlak 1: Clemens Steenkamp, Hannes Holtzhauzen, Ian Pienaar, Famke Minnaar, Wikus Stevens, Annet Dreyer en Carmen Schoeman. Vlak 2: Jacques Stevens, Anri Prinsloo en Duan Minnaar. Vlak 3: Christo Pienaar.
Christo Pienaar en Jacques Stevens het ook vir die Junior national Suid-Afrikaanse kampioenskappe gekwalifiseer. Christo kwalifiseer met 50m vryslag, 50m, 100m en 200m borsslag en 50m vlinderslag. Jacques kwalifiseer met 50m, 100m en 200m borsslag en ook met die 50m vlinderslag.
Die vlak 1 gala word in Durban geswem vanaf 22 tot 26 Februarie. Die vlak 2 wat ook bekendstaan as die “Africa Challenge” word van 7 tot 11 Maart in Newcastle geswem. Die vlak 3 gala, wat die beste prestasie is, word vanaf 14 tot 18 Maart in Oos-Londen geswem.
Agt van die Tuks Polokwane klub se seuns swemmers sal deur Tukkies met ‘n Noord Transvaal “kid” uitgerus word vir die gala wat plaasvind van 24 tot 26 Maart te Germiston.