Sport

Tuks swemmers by oefenkamp

THABAZIMBI – Tien van Tuks Swembklub se swemmers het saam met Heleen Stevens en Leonie Minnaar aan die oefenkamp te Pietersburg deelgeneem wat vanaf 2 tot 7 Januarie plaasgevind het.
Hierdie kamp is gemik op uithouvermoë en swemmers het 20 000m per dag geswem. David Bester, hoofafrigter van die Thaba Tuks swemmers, het die kamp behartig. Die swemmers is die Saterdag, nadat hulle 100 000m vir die week afgelê het, beloon met ‘n Avontuur aktiwiteit by die Stanford College.
Die vyftig swemmers is in twee spanne verdeel en het aan aktiwiteite soos myl swem, muurklim, vlot resies, kanovaart, branderplank roei en kaskar resies meegeding. Die swemmers het die kamp baie geniet en die grondslag vir die komende seisoen is gelê.
Met die afgelope Gala van 20 tot 21 Januarie, het die Tuks swemmers uitstekend gevaar.
Christo Pienaar het met sy 50m borsslag ‘n Senior Nationals tyd geswem. Jacques Stevens kwalifiseer vir 50m, 100m en 200m borsslag vir die Junior Nationals.
Beide dié swemmers sal deur Tuks en Noord Transvaal Swem na die Senior- en Junior Nationals gestuur word waar hulle dan hul Noord Transvaal kleure verwerf.