MOTORBEDRYF SKOP 2006 OP ‘N SPRANKELENDE NOOT AF
Die afset van nuwe voertuie het in die eerste maand van die nuwe jaar steeds geklim met ‘n totale syfer van 48 855 eenhede, of 20,2% meer as die syfer vir Januarie 2005 en 6,7% beter as in Desember verlede jaar. Die rekord-toenames in afset in die segmente vir passasiersmotors en ligte handelsvoertuie is voortgesit, met die syfer vir passasiersmotors op met 18,5% en dié vir ligte handelsvoertuie op met 23,8% vergeleke met Januarie 2005.
“Die bedryf het die jaar goed afgeskop en daarin geslaag om die momentum wat met verlede jaar se rekord-verkope in die afdelings vir passasiersvoertuie en ligte handelsvoertuie opgebou is, te behou,” sê Roel de Vries, afset- en bemarkingsdirekteur van Nissan.
“Daar’s alle kans dat ons vanjaar nog beter sal vaar indien rentekoerse laag bly, voertuigpryse stabiel bly en die positiewe ekonomiese klimaat voortduur.
“Nissan se resultate in Januarie is bemoedigend, met die X-Trail wat sy status as die land se topverkoper ontspanningsvoertuig behou het, terwyl die Navara, wat onlangs bekend gestel is, ‘n waardevolle bydrae tot totale afset gelewer het. Met die bekendstelling van nuwe produkte in 2006 in beide die markte vir passasiersvoertuie en ligte handelsvoertuie, is ons vol vertroue dat ons ons algehele doelwitte sal behaal en ons markaandeel sal verhoog,” sê De Vries.
