Limpopo 4×4 Veldren Mpumalanga wenners
Die Limpopo Veldren uitdaging wat verlede naweek plaasgevind het, se Mpumalanga wenners is Kallie Klopper en André Hanekom en die tweede span was Anton Strydom en Edward Viljoen.
Dié twee spanne het dit uitgespook teenoor agt ander spanne by die Alkamaar 4×4 oefen baan te Schagen, Mpumalanga. Die beoordelaars sê die spanne was geweldig talentvol en dit het hul taak soveel moeiliker gemaak. Spanne is beoordeel op bestuur tegnieke, veiligheid, herstel (indien hulle sou vasval) en spangees.
Die Limpopo streeksuitdunne vind op 11 Februarie plaas by Polokwane se 4×4 klub. Daar word met groot afwagting uitgesien na hierdié byeenkoms om te sien wie Limpopo se beste veldrenjaers is.
Hierna volg die semi-finale wat van 3 tot 5 Maart plaasvind. Slegs die helfde van al dié deelnemende spanne sal deurdring na die finaal wat van 4 tot 8 April plaasvind.
Vir meer inligting kan Marang Setshwaelo kontak by (011) 234 8650. Besoek hul webtuiste by www.golimpopo.com.
