HFM restaurantaande open

THABAZIMBI – Die alom bekende restaurantaande wat deur die Hotelhouding en Spyseniering studente van Hoërskool Frikkie Meyer aangebied word, het weer geopen.
Die Gr 10 studente gaan op Dinsdag, 31 Januarie ‘n informele restaurantaand hou met kamma kreef as voorgereg, bobotie, geelrys en piesangslaai as hoofgereg en malvapoeding met vla as nagereg.
Gaste word versoek om hul eie drinkgoed saam te bring aangesien daar slegs ys, vrugtesap en gaskoeldranke beskikbaar sal wees. Almal word genooi om dié gesellige aande by te woon en saam te kuier by die HFM lapa.
Die Gr 11’s se restaurantaand vind op 28 Februarie plaas en die Gr 12 studente kom die 2de Maart aan die beurt. Dié twee groepe se spyskaarte sal later bekend gemaak word. Kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar en beloop R65 per persoon. Vir navrae kan (014) 777 1583 gekontak word.