General

Tsunami alarm – geen golwe

‘n Kragtige aardbewing wat Indië se Nicobar Eiland en deel van Indonesië Sondag getref, en ‘n tsunami waarskuwing gebring het, het geen ongevalle of verwoesting gebring nie.
Die aardbewing, wat 7.2 op die richterskaal gemeet het, is in verskeie sones gevoel waar die 26 Desember 2004 aardskudding van die Indiese Oseaan tsunami 178 000 sterftes en 50 000 mense vermis gelaat het.
Sondagnag se aardbewing het mense uit hul slaap geskok. ‘n Kus dorpie in Sri Lanke se inwoners het gevlug na ‘n Boeddhis tempel op hoër grond nadat hulle gevrees het dat dodelike golwe oppad is.
Twee naskokke, met ‘n meting van 5.3 en 5.7 het die Nicobar Eilande vroeg Maandagoggend getref net toe inwoners besig was om na hul huise terug te keer. ‘n Tsunami het egter nie gekom nie en geen beserings of skade is gerapporteer nie.