Karate blink uit

THABAZIMBI – Bosveld Karate Akademie het weer goed presteer by die SA Kampioenskappe te Kimberley wat op 7 en 8 Julie plaasgevind het.
Nico Tromp verower ‘n brons medalje in kumité in die 10 jaar ouderdomsgroep.
In totaal verower Bosveld Karate Akademie, saam met Brits karateka’s, 11 medaljes.
Karate oefentye is Dinsdag 15:30. Vir enige navrae kan sensei Marius Ferreira gekontak word by (012) 254 1555.