SmartBrain Sentrum open binnekort in Thabazimbi
Is u teleurgesteld met u kind se rapport?
Die wortel van die meeste leerprobleme lê in die onvermoë om met begrip te kan lees. Hoe vroeër ‘n kind se probleem geïdentifiseer en aangespreek word, hoe makliker word dit opgelos.
By SmartBrain word daar begin deur die fondasie van lees reg te stel en daarop te bou, totdat alle uitvalle reggestel is en die kind vlot en met begrip kan lees. Elke fase moet 100% geslaag word, voordat die volgende fase kan begin. SmartBrain sertifikate word uitgereik na suksesvolle voltooiing van elke kursus.
SmartBrain is ‘n landswye organisasie wat fenominale suksesse behaal met sy ingeskrewe leerlinge. Elke sentrum word twee maandeliks geëvalueer en gereelde seminare word vir die personeel gehou, om ‘n hoë standaard te verseker. Die SmartBrain leesprogram is ‘n wetenskaplik geformuleerde program wat sewe jaar lank nagevors en getoets is, om leesprobleme aan te spreek. Die program is gebaseer op dr Glen Doman se heelbrein ontwikkelingstegnieke wat die kind stimuleer om al sy sintuie by die leerproses te betrek.
SmartBrain bied die volgende aan: Breinstimulering vir babas vanaf 6 maande; skoolgereedheidsprogramme; lees en speelprobleme; woordeskat bemagtiging en studie en geheue tegnieke.
Alle kursusse word in Afrikaans of Engels aangebied. Kontak Marthie gerus vir ‘n gratis evaluasie van u kind by 082 570 3644.