Eskom pryse “te laag”
Volgens Eskom is die elektrisiteits pryse in Suid-Afrika heeltemal te laag. Die realiteit van die kostes om nuwe elektrisiteits verskaffings aanlegte te ontwikkel, sal in toekomstige pryse gereflekteer word. Eskom sal in September vanjaar aansoek doen by die Nasionale Elektrisiteit Regulator (NER) om sy pryse te verhoog.
Eskom sê sy pryse is gebasseer op die inkomste van bates wat op verouderde waardes bereken is. Die koste van ‘n nuwe fossiel brandstof kragstasie is meer as ses tot sewe keer dié van bestaande kragstasies. Ekonomiese groei beteken dat gewigtige beleggings gemaak sal moet word in die infrastruktuur om in die groeiende aanvraag te voorsien.
Daarvoor sal R93 biljoen oor die volgende vyf jaar in kapitale beleggings spandeer moet word. Eskom moet 70% van hierdie kapitale uitbreiding finansier en onafhanklike elektrisiteit verskaffers moet die ander 30% voorsien. Dit sal Eskom ten minste R60 biljoen kos om nuwe bronne vir elektrisiteit te verskaf.
Fani Zulu, verteenwoordiger van Eskom, sê daar word verwag dat die regulator die verhoging van volgende jaar, in die tweede week van Desember sal aankondig. Aangesien Eskom sy finansiële jaar verander het vir ooreentestem met die regering se finansiële jaar, sal die tariefverhoging nie in Januarie toegepas word nie, maar eers in April.
Eskom se toelaatbare inkomste wat uit beleggings verdien word, was verlede jaar 14.5%. Hul regulator wins was R1.4 biljoen méér as wat die NER toelaat.