Beloning uitgeloof na motordiefstal

THABAZIMBI – ‘n Beloning is deur die eienaar, Jaco van Vuuren uitgeloof vir die opsporing of inhegtenisneming van die verdagtes nadat sy metaal goud kleurige Toyota Hilux dubbelkajuit, 3L KZT bakkie Maandagoggend gesteel is.
Van Vuuren sê hul honde het Sondagnag aanhoudend geblaf en by ondersoek kon hy nie vasstel waaroor die lawaai gaan nie. Ongeveer 01:00 Maandagoggend het die honde stil geraak en hy en sy gesin het weer aan die slaap geraak.
Hy het onraad vermoed toe hy Maandagoogend 07:00 in die kombuis kom en die agterdeur oop vind. Sy dubbelkajuit bakkie was nie meer onder sy afdak nie en sy hekke het oopgestaan. Beide sy Herdershonde was vergiftig en reeds dood.
Van Vuuren sê die verdagtes het die agterdeur oopgebreek en die sleutels in die kombuis asook sy laptop en nog los goedere gesteel. Hy sê die voorval moes tussen 02:00 en 04:00 gebeur het en niemand van sy gesin het wakker geword van die geraas nie.
Die waarde van sy voertuig alleen beloop meer as R300 000. Enigiemand met inligting kan Jaco van Vuuren kontak by 082 439 1440.