Breek weg na Angasii Game Lodge

Waar in die wêreld kry ‘n mens ‘n eksklusiewe Bosveld-wegbreekplek waar jy altyd welkom voel? Hier in jou midde, by Angasii Game Lodge tussen Thabazimbi en Northam.
“Sedert ons die bestuur van die plaas sowat ‘n anderhalf jaar terug oorgeneem het, streef ons daarna om die plaas toe te rus vir diegene wat in weelde wil ontspan. Maar ons pryse is ook só gestruktureer om dit toeganklik te hou,” vertel Kate Coleman, medebestuurder van Angasii.
Die geriewe is verbeter en aktiwiteite noemenswaardig uitgebrei. Hulle is nou ingerig vir die familie wat ‘n bietjie wil wegbreek uit die stad, sowel as die werkende sakepersoon.
Hul restaurant bied smullekker ontbyt, middag- en aandetes en aktiwiteite op die plaas sluit onder meer in wildkykritte (ook per viertrekmotorfiets), bergfiets- en staproetes, teikenskiet en verskeie bordspeletjies vir die reënerige dae.
Gaste het die keuse om self kos voor te berei of om die restaurant te besoek.
Daar is ‘n paar wilduitkykpunte op die plaas aangebring en voëlkyk-entoesiaste word voorsien van ‘n lys met al die spesies wat in die omgewing voorkom.
Vooraf reëlings kan getref word vir ‘n jagnaweek – enige seisoen van die jaar.
Angasii is ook ingerig vir spanbousessies, konferensies en funksies, soos troues of verjaarsdagpartytjies. Dit vorm deel van die Bosveldstollingskompleks en is naby die Tswaing-meteorietkrater.
Kontak gerus vir Kate Coleman by (014) 784 0497 of besoek www.angasii.co.za vir meer inligting.