Perde Sportdag by Monument
PRETORIA – Die Cape Riding Horse skool wat in Pretoria by die Voortrekker Monument geleë is, bied Saterdag 30 Julie ‘n Perde Sportdag aan.
Eienaars van verskillende perderasse word uitgenooi om te wys wat hul perde (en die ruiters) kan doen. Daar word uitgesien na ‘n dag van verskeidenheid, onder ander: perdedissipline, -pronkery en hope vermaak!
Die program vir die dag bied vir almal die geleentheid om deel te hê in die aksie – of om ruiterkuns as ‘n toeskouer te geniet.
Die Cape Riding Horse School maak gebruik van die geharde, dog mak Kaapse Ryperd. Hierdie perde is ‘n afstammeling van die historiese, robuuste en inheemse Suid-Afrikaanse perd en is besig om naam vir homself te maak reg oor die land. Afgesien van die gemiddelde 25 terapeutiese ritte per week bied hulle ook veilige buitelig ritte vir die beginner en ervare ruiters in die natuurreservaat wat die Voortrekker Monument omring. Hul perde is goed gemanierd en is maklik hanteerbaar deur beginners.
Al het u nie u eie perd nie, word almal hartlik uitgenooi om hierdie Perde Sportdag by te woon. Toegangsfooi beloop R10 tot R30 en groot pryse is op die spel.
Inskrywings sluit op 15 Julie.
Die program is as volg:
09:00: Perde Demonstrasies – Kom wys wat jou perd en jy as ruiter kan doen.
11:00: Beginner en Gevorderde Gymkhana – Pret met boontjiesakke, “bending poles”, balle, klokke, ens.
13:00: Hindernisbaan – Deurstaan die natuur se hindernisse in die veld.
14:30: “Fancy Horse Dress-up” – Kies ‘n tema vir ruiter en perd.
15:00: Perdewedren!
Kontak gerus vir Eben Karsten by 082 828 6323 of (012) 326 6770 vir verdere inligting.