Process Gholfdag
SWARTKLIP- Verlede naweek het die Process groep, wat uit drie skagte bestaan, op Swartklipmyn ‘n gholfdag aangebied ten bate van die fondsinsameling vir hul eindjaarfunksie. Die drie skagte is Ivan Concentrater, Mortumer Concentrater en Mortumer Smelter wat die gholfdag aangebied het. Daar was sowat 76 spelers wat ingeskryf het en spanne het bestaan uit twee lede per span. Die spelers het 09:00 afgeslaan en het 18 putjies voltooi. Die reuksintuie is heeldag geterg deur die skaap én vark wat van vroegdag op die spit was. Ná afloop van die prysuitdeling is daar opgeskep en tot laat gekuier.