Gholfnuus
Laerskool Dwaalboom se borgdag verlede Saterdag was blykbaar ‘n groot sukses. Daar was 64 spelers wat aan die Beterbal kompetisie met ‘n keuse bofhou deelgeneem het. Twee pare, Jakkie en Jan-Floris van der Wateren en Marina van der Wateren en Winnie Fourie, het 49 punte aangeteken. Chris en J Bronkhorst het 45 punte aangeteken. Daar was nog talle ander goeie punte aangeteken.
Die borgdag ten bate van die Frikwensies van HFM, wat verlede Vrydag op Mabalingwe se gholfbaan aangebied is, was ook ‘n groot sukses met 144 spelers wat deelgeneem het.
Saterdag, 23 April speel ons ligaspan op Warmbad teen Amandelbult. Die span is Toppie Olivier, Dennis Dreyer, Jakkie van der Wateren, Piet Venter, Jacob Jordaan, Riaan Vorster, Jannie van Graan en Carel Payne. Die veterane speel teen Lost City.
Woensdag, 27 April se Sundowner sal oor 18 puntjies gespeel word en afslaantyd is vanaf 12:00. Daar sal so ‘n paar ekstra pryse wees. Dan is die Interaksie Gholf ook op Vrydag, 29 April. Die manne wat vir die Interaksie ingeskryf het, weet seker van die boete klousule vir spanne wat sonder ‘n baie goeie rede net nie opdaag nie.
Meeste gewone gholfspelers wonder soms oor afstande wat die professionele spelers volgens die TV-kommentators hulle houe slaan. Volgens die Gholf Digest van April het Shotlink die volgende gemiddelde afstande van Amerikaanse PGA-spelers gemeet:
9 yster – 139 jaart (127 m); 8 yster – 152 jaart (139 m); 7 yster – 163 jaart (149 m); 6 yster – 172 jaart (157 m); 5 yster – 181 jaart (166 m); 4 yster – 189 jaart (173 m) en 3 yster – 199 jaart (182 m). Laat ‘n mens dink né.
Science Of Sport – Golf
Great Golf Courses Of Southern Africa
Golf: Greatest Ever Moments