General

SAVF Jaarvergadering

THABAZIMBI – Die SAVF se algemene jaar- en donateursvergadering vind Donderdag, 28 April plaas by die ontspanningsaal te Bosveldoord. Alle belangstellendes en betrokkenes word uitgenooi om die vergadering by te woon.
Tydens die vergadering  sal daar verslag gedoen word oor hulle werksaamhede vanaf April 2004 tot Maart 2005. ‘n Finansiële verslag vir dieselfde tydperk sal ook ter insae beskikbaar wees. ‘n Nuwe diensbestuur sal ook verkies word.
Die SAVF reik nie net uit na persone met materiële nood nie, maar ook na diegene met emosionele en sosiale probleme. Namate die verval in sosiale en morele waardes toeneem, word die soort probleme al hoe erger. Veral kinders word hierdeur geraak en die SAVF voel dat die werk wat deur hul maatskaplikewerkkantoor gedoen word, ‘n uiters belangrike deel van gemeenskapsorg uitmaak.
Persone wat belangstel om die vergadering by te woon en meer inligting verlang, is welkom om die administratiewe beampte, Rachel Rossouw te kontak by (014) 777 1093.