Damvlakke lyk goed
THABAZIMBI – Nieteenstaande die feit dat die res van Limpopo se damvlakke kommerwekkend laag is, ondervind Thabazimbi en omgewing geen probleem nie.
Water vir besproeiingsdoeleindes in die omgewing is afkomstig van die Vaalkop-, Klipvoor-, Rooikoppies- en Hartebeespoortdam. Eergister is daar reeds vier sluise by Hartebeespoortdam oopgemaak nadat die dam begin oorloop het.
Vaalkopdam se vlak was teen Woensdag 26 Januarie 52.12%. Rooikoppiesdam is byna vol en sy watervlak lê op 91.84%. Verlede jaar, in dieselfde tydperk, het Vaalkopdam slegs 20% water gehad en Rooikoppiesdam 8%. Klipvoordam is tans 84.55% vol.
Magalies Water het die versekering gegee dat die huidige watervlakke besonder goed vertoon en daar geen rede vir enige kommer bestaan nie.