Thabazimbi Toerisme – Die Bosveld Ervaring!
Die Thabazimbi Munisipaliteit het op 3 Februarie die eeste toerisme vergadering vir 2005 aangebied. Die opkoms was uitstekend en die rolspelers was honger vir inligting aangaande toerisme ontwikkeling in 2005.
Rolspelers het die nuwe “Roete Kaart” vir 2005 ontvang wat deur die Toerisme kantoor ontwikkel en versprei word wat ‘n baie handige en volledige boekie is en ‘n uitstekende bemarkingsinstrument. Enige persone van die publiek wat toerisme inligting verlang is welkom om hierdie “Roete Kaart” te kom afhaal by die Toerisme kantoor by die Thabazimbi Munisipaliteit. Tydens die vergadering is bemarkings geleenthede, webtuistes die voorgestelde nuwe toerime kantoor en befondsing projekte bespreek.
Een ding is verseker. Dinge is aan die gebeur. Thabazimbi is enige ekotoeris se droom. Daar is ‘n sekere misterie en “undiscovered” gevoel omtrent hierdie deel van die bosveld.
Die tyd het gekom om Thabazimbi se volle toerisme potensiaal te ontsluit en dit is waaraan die Toerisme kantoor by die munisipaliteit, toerisme produk eienaars en rolspelers hard aan werk.
Indien u enige navrae in hierdie verband het kan die Toerisme kantoor gekontak word by (014) 777 2221