Korfbal gekkedag

THABAZIMBI – Dit is weer tyd vir die korfbal klub se Gekkedag. Dit word aangebied deur Thabazimbi se korfbal klub op 23 Februarie om 18:00 te Thabapark se korfbalbane.
Spanne wat bestaan uit tien spelers kan inskryf. Spanne moet net asseblief voor die tyd inskryf.
Die klub hou ‘n bring en braai om dié aand lekker saam te kuier. Almal is welkom en as jy nie in ‘n span is nie, kan jy gerus die klub kontak. Daar is lekker pryse om te wen. Korfbal oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae om 17:45.
Daar word ook ‘n vergadering belê vir 16 Februarie om 17:00. Dit behels die verkiesing van ‘n nuwe bestuur. Skakel gerus vir Susan by 082 941 5877 vir verdere inligting.