ATKV-Entrepreneurskursus vir volwassenes
Werkloos? Op moedverloor se vlakte? Geen geleenthede meer wat vir jou voorlê nie? Indien jou antwoord op een van hierdie vrae ja is, kan jy nie die ATKV-Entrepreneurskapkursus vir volwassenes vanaf 1 tot 3 Maart 2006 in Stilfontein in Noordwes misloop nie.
Die trauma van werksverlies, onsekerheid oor die toekoms en die verantwoordelikheid van ‘n gesin maak dit moeilik, indien nie onmoontlik, om positief en skeppend te dink oor ‘n nuwe begin. Die ATKV-Entrepreneurskapkursus spreek juis hierdie probleme aan.
Die doel van die kursus is om:
Mense wat hul werk verloor het, te ondersteun met ‘n gestruktureerde kursus wat deur professionele kundiges aangebied word.
Kursusgangers nuut en kreatief te laat dink.
Kursusgangers die geleentheid te gee om hulself beter te leer ken.
Die volgende aspekte vorm deel van die kursus:
Verlieshantering
Die effek van vinnige verandering op werksekuriteit
Persoonlikheidsanalise – natuurlike vermoëns en aanleg
Loopbaanankers
‘n Persoonlike aksieplan
Die fundamentele beginsels van finansiële en beleggingsbeplanning
‘n Basiese besigheidsplan en vele meer
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Februarie 2006. Die kursus word GRATIS aangebied en sluit ‘n ligte middagete en alle kursusmateriaal in. Besprekings vir die kursus is baie belangrik aangesien daar slegs beperkte plekke beskikbaar is.
Die kursus word aangebied deur die ATKV in samewerking met Annie Greef van Quo Life – ‘n menslike ontwikkelingspesialis en Anton Swanepoel van Crux Business and Investment Strategies.
Indien u belangstel om die kursus by te woon, kan u Martie Swart by (011) 919 9000 skakel vir meer inligting en om u plek in die kursus te verseker.