Sulana lewer nuwe dienste
THABAZIMBI – Sulana Hydraulics Engineering, een van die groot diensverskaffers in die myn- en motorbedryf, is nou ook verspreiders van Toco hysertoerusting en Kobo lugdruktoerusting.
Hiermee saam het hulle die agentskap van die “Hydraulic K9 Power Plant”. Hierdie hidrouliese dwergie op wiele, verrig ‘n reuse werk. Hy het meer as sestig verskillende aanhegtoestelle, onder andere kan jy slote grawe, hom omskep tot ‘n vurkhyser, padskraper, sementmenger, sementbreker, kettingsaag, gate boor vir byvoorbeeld plant en vele meer.
Die K9 is baie kompak en kan dus in klein plekke inbeweeg. Dit is maklik hanteerbaar en draai op ‘n tiekie. Die K9 vind toepassing by bouers, loodgieters, myners, munisipaliteite, persone wat draad span, eintlik te veel om op te noem.
Dit neem slegs 60 sekondes om die aanhegtoestel te ruil met ‘n ander een. Die K9 is maklik om te vervoer en weeg slegs 920 kilogram. Aangesien dit slegs 760 millimeter breed is, pas dit maklik op ‘n sleepwaentjie. ‘n Netjiese ontwerpte sleepwa vir die K9 met spasie vir ‘n paar aanheg-toestelle, kan saam met die K9 aangekoop word.
Besoek Sulana gerus en vind meer uit oor hierdie wonderlike hidrouliese K9 op wiele. Baie dinge wat jy op dae se hande arbeid afgehandel het, kan jy nou in ‘n japtrap voltooi. U kan hulle by (014) 772 3437 skakel en selfs vir ‘n demonstrasie reël.