Pick ‘n Pay hou verjaarsdagvieringe

THABAZIMBI – Pick ‘n Pay vier sowaar sy eerste verjaarsdag op Vrydag, 3 Desember. Om al hul kliënte te bedank word daar onder andere ‘n “Kersliedere by kerslig” aand vir al Thabazimbi se inwoners beplan.
Om jou in die regte fees-luim te kry, moet jy die 9de Desember om 18:30 by Hoërskool Frikkie Meyer se sportgronde aansluit met jou eie piekniekmandjie en kers. Anneli van Rooyen en Innes en Franna Benadé, gaan almal vermaak en die hele aand sal gratis aangebied word deur Pick ‘n Pay.
Om hul kliënte verder te bedank, sal daar van vandag tot en met 8 Desember reuse besparings in hul winkel aangebied word. Verdere bederf sal insluit ‘n “Balloon Drop” (3 Desember), “Spin & Win” (4 Desember), “Till slip kompetisie”
(5 Desember) – elke kontant strokie van enige aankope vir dié dag wat ‘n naam en kontak nommer bevat, en in die aangewysde houer geplaas is, staan ‘n kans om die TV te wen. Die gelukkige wenner sal reeds die volgende dag die vreugdevolle nuus ontvang, weer ‘n “Balloon Drop” (6 Desember) en “Pick ‘n Box” (7 Desember).
Sorg dat jy deel is van al die speletjies, besparings, hope pret en groot pryse wat Pick ‘n Pay hierdie feesweek aan jou as gewaardeerde kliënt gaan bied.