General

Mabula VLU nuus

MABULA – Die VLU dames van Mabula het met hul Augustus vergadering groot pret gehad toe hul moes aantrek “soos iemand”. Susan en Bettie was boemelaars en het gesorg vir heelwat vermaak.
In Oktober was die vergadering gehou op “Neethlings place” met die gasspreker, Raché Rutherford. Hoogtepunte uit haar toespraak was as volg: Kyk na die wêreld met vars oë, onverwagse slaan ons plat, doen dinge anders, beweeg van probleem denkers na oplos denkers en nog vele meer.
Met die November vergadering, het die dames ‘n koek kompetisie gehad waaraan twee dames deelgeneem het. Vanessa Diederiks is aangewys as die wenner met haar papawersaad koek en versierings. Annatjie Kruger was die wenner van die koek.