Sport

Gholf nuus

THABAZIMBI – Verlede Saterdag was seker een van die warmste dae op die gholfbaan. Plaaslik was dit die maandelikse Slagspel wat gewen is deur Shaun Payne met net 73. Pietie Terblanche en Carel Payne met 76 was saam tweede. Pietie wen toe ook die gelukkige ledetrekking.
Die bestuur van die Gauteng Noord Gholfunie het op Amandelbult saamgetrek vir die laaste maandelikse vergadering van die jaar. Hierdie vergadering wat vir jare op Thabazimbi gehou was gaan in die toekoms hopelik weer hier gehou word.
Die laaste liga byeenkoms wat op Swartklip teen Amandelbult gespeel word sal op Saterdag, 20 November plaasvind. Die manne wat gaan speel is Jacob Jordaan, Riaan Vorster, Jakkie van der Wateren, Piet Venter, Derek Torlage, Dennis Dreyer, Jannie van Graan en Carel Payne. Die beker is reeds gewen, maar die manne moet nogtans hulle reputasie gestand doen.
By die klub is daar inskrywingsvorms vir toernooie wat deur GNGU aangebied word. So is daar op 3, 5 en 10 Januarie 2005 drie toernooie vir juniors. Die senior ope is op 15 en 16 Januarie te Irene. Lede wat belang stel kan gerus die inskrywingsvorms by die klub kry.
Die klub se afsluitings funksie vind 27 November plaas. Dit is ‘n lekker grapdag en almal kan daaraan deelneem. Daar sal dan net met drie stokke gespeel word, waarvan een die setyster moet wees. Gewoonlik is daar nog ‘n paar ander verrassings ook. Daar sal die aand na die malligheid lekker gekuier word. Kom geniet die dag en wys jou lojaliteit.
Daar is ‘n lys op by die klub vir die Veldponddag Gholfdag op 3 Desember. Daar is blykbaar net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar en lede moet asseblief voor 1 Desember inskryf. Al die besonderhede is by die klub.