General

Suid-Afrika Inperking: Die langste en strengste ter Wêreld

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ’n beroep op president Ramaphosa gedoen om nie Suid-Afrika verder in donker te hou oor inperking-bepalings, in wat nou amptelik die strengste en langste inperking ter wêreld is.

Die beroep is deur die leier van die DA, John Steenhuisen DA-LP gedoen na afloop van die kabinetvergadering waar die bepalings heroorweging sou ontvang en die president se toespraak van Woensdagaand, 17 Junie.

Steenhuisen het ook aangevoer dat die aankondiging aangaande verdere verligting van bepalings bewys daarvan is dat die inperking nie geslaagd was nie. Ramaphosa het nou besef hoe vernietigend die inperking vir die gewone Suid-Afrikaner tot dusver was en aanhou om te wees, ongelukkig is dit te laat. Die veranderings wat hy aangekondig het moes reeds twee maande gelede gemaak gewees het.

Die einde aan hierdie inperking kom reeds te laat om duisende besighede en miljoene werksgeleenthede wat vernietig is te red. Anders as wat aangevoer word, het die inperking-bepalings Suid-Afrika se ekonomie vernietig en nie Covid-19 nie.

Steenhuisen het gewys op die groeiende gewaarwording dat die vlakke van inperking die illusie van beheer voorhou, eerder as om die publiek se veiligheid en gesondheid te bevorder in hierdie tyd van risiko’s en onsekerheid.

Daar heers steeds ’n groot mate van onsekerheid wat toelaatbaar is en wat nie toelaatbaar is nie onder Vlak-3 beperkings. Dit word verder aangevuur deur spekulasie dat daar verdere veranderings aan Vlak-3 oorweeg word en dit wil voorkom asof Vlak-2 en Vlak-1 slegs in naam bestaan aangesien geen inligting oor wat hierdie vlakke werklik behels aan die publiek oorgedra word nie.

Uit bogenoemde wil dit voorkom asof die Coronavirus Ramp Bestuur net so in die donker aangaande die werklikheid gehou word as die Suid-Afrikaanse publiek.

Groter duidelikheid aangaande die aard en tydsberekening van die verskillende inperkingsvlakke kan besighede, organisasies en gesinne in ’n beter posisie laat om vir die toekoms te beplan.

Duisende besighede en werknemers in die gasvryheid- en toerisme-industrieë, asook persoonlike sorg sektore soos haarkappers en skoonheidsalonne is betrokke by besluitnemings wat miljoene lewens beïnvloed. Om ’n pandemie te oorleef is moeilik genoeg sonder die verdere uitdaging van onsekerheid en ’n beleid wat nie sin maak nie.

Steenhuisen sê dat dit beter vir die regering sal wees indien hulle die inperking ten volle aflas en eerder geloofwaardige en sinvolle veiligheidsregulasies neerlê wat direk daarop gemik is die oordrag van die virus te beperk.

Read more

Is the NCCC as much in the dark as the rest of SA?

Read More