Editorial

Nieteenstaande 16 Junie 1976 is onderwys steeds in krisis

Meer as vier dekades gelede het die Soweto opstand op 16 Junie gefokus op die onderwysstelsel onder die apartheidsregering en het onderwys die absolute kern van die anti-apartheid-stryd gevorm.

Hierdie stryd, wat gebaseer was op die verlore generasie wat agtergelaat is weens die onderwysstelsel, was onlosbaar deel van die strewe vir ’n vry en demokratiese Suid-Afrika.

Na die opheffing van die verbod op anti-apartheids organisasies, gevolg deur die vrylating van Nelson Mandela het die samesprekings gekonsentreer  op die smeulende krisis in swart onderwys.

Die ongelukkige werklikheid is dat ten spyte van hervormings wat deur die opvolgende ANC-regering sedert 1994 geïmplementeer is, het die onderwys-beleid in demokratiese Suid-Afrika totaal misluk.

Hervormings asook groter finansiële toewysings aan die onderwys was daarop gemik om kinders beter voorskools voor te berei deur die implementering van die Graad R klasse, taalbeleid te verander en inisiatiewe om beheerrade groter mag te gee oor toelatingsvereistes en gedragskodes. Baie skole is ingerig om gratis onderwys te verskaf met alle handboeke en leermiddels wat deur die skole verskaf word.

Alhoewel toegang tot onderwys veral op primêre- en basiese, asook sekondêre vlakke, verbeter het, het baie probleme in die onderwys stelsel die 26 jaar na die einde van apartheid oorleef.

Geld wat spandeer word op die onderwysstelsel in Suid-Afrika is hoog en beloop sowat 6,4% van die totale binnelandse produk. Met ander woorde, van die totale inkomste verwek deur die land se inwoners en buitelandse werkers binne die grense van die land.

Hierdie begroting vergelyk goed met ander lande maar steeds word Suid-Afrika se onderwysstelsel as een van die swakste wêreldwyd geag met wiskunde en wetenskap onderwys, wat nog swakker vaar.

Tans is die prestasie-gaping tussen kwaliteit onderwys by die presterende skole en die sogenaamde agtergeblewende armer skole steeds groot.

Swak onderwyser opleiding en onderwyser tekorte, waar ’n gerekende 80% van onderwysers nie vertroud is met die inhoud en die basiese onderrig vermoë ontbreek vir die vakke wat hulle aanbied, maak deel uit van die probleem.

Terselfdertyd het hierdie lae slaag- en hoë uitval-vlakke bydra gelewer tot ’n groot tekort aan vaardige werkers en word gereken dat slegs vier uit elke 100 skoolbeginners uiteindelik oor ’n graad na ses jaar na matriek sal beskik.

Disfunksionele skole met ’n swak leerkultuur, afwesige onderwysers en swak dekking van die leerplan asook afwesigheid van studie is hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik.

Talle skole beskik nie oor die noodsaaklike infrastruktuur nie en basiese geriewe soos spoeltoilette ontbreek by talle skole.

Alles speel in die hande van die vakbonde wat die onderwysdepartement in ’n wurggreep het en veroorsaak dat geld verder vermors word.

Die helfte van die land se inwoners is in die ouderdomsgroep 18 tot 35 jaar. Dit laat ’n groot vraagteken hang oor die opofferings van die voorgeslag in 1976.

Bron: Daily Maverick

Read more