Meer as 50 dood toe boot met Afrika-vlugtelinge sink
Meer as 50 mense, meeste afkomstig van sub-Sahara Afrika, is dood toe die vlugtelingboot waarmee hulle gepoog het om Italië te bereik aan die Tunisiese kus gesink het. Ten minste 24 van die oorledenes was vroue.
Tunisiese beamptes is Dinsdag deur vissermanne naby die stad Sfax van die voorval in kennis gestel.
Die 48-jarige Tunisiese kaptein van die boot is ook onder die oorledenes.
Volgens inligting het die boot met 53 passasiers aan boord Dinsdag die vaart na Italië aangedurf.
Volgens die VN vlugteling agentskap het onwettige kruisings tussen Tunisië en Europa met meer as 150 persent gedurende Januarie tot April teenoor dieselfde tydperk verlede jaar toegeneem.
Foto: Ter illustrasie van ‘n vorige poging vanaf Afrika na Italië