Editorial

Heropening van haarkapper-bedryf: Saak uitgestel tot 22 Junie

Nog meer tyd word verkwis in die poging van die Demokratiese Alliansie (DA) om deur middel van ’n hofsaak die regering te probeer dwing om haarkappers te vrywaar van die inperking beperking wat hulle verhoed om hulle werk te doen.

Die hofsaak wat vra dat die bedryf heropen moet word sou vandag, Vrydag 12 Junie 2020, in die hooggeregshof in Kaapstad begin het, maar moes uitgestel word omdat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr Nkosazana Dlamini-Zuma, en die res van die respondente, versuim het om hulle opponerende stukke by  die hof in te dien.

Regter Mark Sher het beveel dat Dlamini-Zuma teen 18 Junie haar hofstukke moet indien en dat die saak op 22 Junie deur ’n volbank regters aangehoor sal word.

Volgens die DA-LP wat die saak dryf, Dean MacPherson, sal niemand ooit weet of dit ’n poging was om tyd te wen nie, wat net meer tyd wegneem van die bedryf wat onder die inperking van Vlak-3 ly.

Luidens die DA mediaverklaring sal, indien die regering op 17 Junie, wanneer die kabinet weer sit, nie die geleentheid gebruik om die sektor te heropen nie, Dlamini-Zuma onder eed in die hof moet verduidelik hoekom dit nie mag gebeur nie.

Lees meer by

Lokfoto ter illustrasie