Basiese Onderwys se Obsessie met datums rede vir deurmekaarspul
Verskeie onderwys-vakbonde het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, daarvan beskuldig dat haar nalating om die opening van die skole op 8 Junie met hulle te bespreek, verantwoordelik is vir die groot deurmekaarspul aangesien hierdie datum nooit tydens enige besprekings met haar genoem is nie.
Dit volg nadat die departement Sondagaand aangekondig het dat die opening van die skole vir Gr 7 en Gr 12 leerlinge vanaf 1 Junie na 8 Junie verskuif is.
Die vakbonde, waaronder Sadtu en Naptosa, voer aan dat die minister nie na hulle voor 31 Mei teruggekeer het soos wat sy aangedui het sy sou doen nie, maar net voortgegaan het om die datum na 8 Junie te skuif.
Die vakbonde voer verder aan dat geen skool agtergelaat mag word omdat hulle nie aan al die vereistes voldoen nie.