Verskeie atlete van Laerskool Thabazimbi het Woensdag 26 Februarie tydens die Provinsiale Atletiekbyeenkoms te Polokwane, Provinsiale kleure ontvang en kwalifiseer om aan die SA’s deel te neem.
Hierdie atlete is: Waylen Swarts: Eerste plekke in 100m asook 150m So/12, Micka Röhrs: Eerste plek in Gewigstoot Do/10, Carli Fouché: Tweede Plek in Skyfwerp Do/12, HJ Koekemoer: Derde plek 150m Hekkies s0/12 en Gawie Grobler: Derdeplek 1200m So/10.
Waylen Swarts het tydens die byeenkoms met sy eersteplekke vir die 100m en 150m twee Provinsiale rekords vir So/12 verbeter.

Die atlete wat gekwalifiseer het om aan die SA’s deel te neem is op die foto van links voor: Mica Röhrs, Gawie Grobler, HJ Koekemoer. Agter: Me Johané Schutte, Waylen Swarts, Carli Fouché. 
Waylen Swarts het vir twee Provinsiale rekords tydens die byeenkom gesorg naamlik vir die 100m So/12 en 150m So/12 naellope. 
Die atlete van Laerskool Thabazimbi wat aan die Provinsiale Atletiek byeenkoms in Polokwane deelgeneem het is op die foto: Voor van links: Mica Röhrs (0/10), Gawie Grobler (0/10), HJ Koekemoer (0/12). Agter: Me Johané Schutte, Ja-Deon Swanepoel (0/11), Chanique v Niekerk (0/13), Waylon Swarts (0/12), Carli Fouché (0/12), Milandi Visser (0/11).

