Laerskool Thabazimbi atlete kwalifiseer vir SA’s
Verskeie atlete van Laerskool Thabazimbi het Woensdag 26 Februarie tydens die Provinsiale Atletiekbyeenkoms te Polokwane, Provinsiale kleure ontvang en kwalifiseer om aan die SA’s deel te neem.
Hierdie atlete is: Waylen Swarts: Eerste plekke in 100m asook 150m So/12, Micka Röhrs: Eerste plek in Gewigstoot Do/10, Carli Fouché: Tweede Plek in Skyfwerp Do/12, HJ Koekemoer: Derde plek 150m Hekkies s0/12 en Gawie Grobler: Derdeplek 1200m So/10.
Waylen Swarts het tydens die byeenkoms met sy eersteplekke vir die 100m en 150m twee Provinsiale rekords vir So/12 verbeter.
Die atlete wat gekwalifiseer het om aan die SA’s deel te neem is op die foto van links voor: Mica Röhrs, Gawie Grobler, HJ Koekemoer. Agter: Me Johané Schutte, Waylen Swarts, Carli Fouché. Waylen Swarts het vir twee Provinsiale rekords tydens die byeenkom gesorg naamlik vir die 100m So/12 en 150m So/12 naellope. Die atlete van Laerskool Thabazimbi wat aan die Provinsiale Atletiek byeenkoms in Polokwane deelgeneem het is op die foto: Voor van links: Mica Röhrs (0/10), Gawie Grobler (0/10), HJ Koekemoer (0/12). Agter: Me Johané Schutte, Ja-Deon Swanepoel (0/11), Chanique v Niekerk (0/13), Waylon Swarts (0/12), Carli Fouché (0/12), Milandi Visser (0/11).