MRK tree op na VF Plus se klagte oor probleme met riool
Na maande se volgehoue druk deur die VF Plus het Thabazimbi se plaaslike munisipaliteit met die nodige herstelwerk aan dié dorp se rioolstelsel begin. Die munisipaliteit het ook begin met die opgradering van die stortingsterrein wat ‘n gesondheidsgevaar inhou.
Die Menseregtekommissie (MRK) het na die klagte van die VF Plus oor die rioolwerke en stortingsterrein ook ingegryp en die munisipaliteit 30 dae gegee om terugvoering te gee oor die aangeleenthede.
Die VF Plus verwelkom die positiewe stappe van die munisipaliteit en sal volgehoue druk op die munisipaliteit en amptenare uitoefen om die nodige dienste aan die inwoners van Thabazimbi te lewer.