Health

Is Afrika gereed vir die Koronavirus?

Afrika is een van twee kontinente met geen bevestigde gevalle van koronavirus-besmetting, maar met die nou bande wat die meeste Afrika lande met China handhaaf sal dit nie lank wees voordat die eerste bevestigde geval wel aangemeld sal word nie.

Die meeste bevestigde gevalle, meer as 28 000 wêreldwyd, is in China waar die virus uitgebreek het. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) het dit as ’n wêreldwye noodsituasie verklaar, hoofsaaklik weens vrees dat die armer lande nie ’n ernstige uitbraak sal kan hanteer nie.

Tans is daar slegs twee laboratoriums in Afrika, een in Suid-Afrika en die ander in Senegal, wat oor die vermoë beskik om monsters vir die virus te toets.

WHO het toetspakette aan 29 laboratoriums in Afrika verskaf in die hoop dat die kontinent oor die kapasiteit sal beskik om mense vir die virus te toets.

Verskeie lande insluitend Kenia, Ethiopië, Ivoorkus, Ghana en Botswana het reeds vermeende gevalle onder kwarantyn geplaas terwyl toetse gedoen is. Tot dusver het almal negatief getoets.

Uganda se gesondheids ministerie het bevestig dat hulle meer as 100 mense wat by Entebbe Internasionale Lughawe geland het onder kwarantyn geplaas het. Sommige in twee hospitale in Entebbe en Kampala, terwyl die ander versoek is om nie hulle huis te verlaat nie.

baie lande het standaardpraktyke om passasiers by lughawens vir die Ebolavirus te toets. Die groot verskil is egter dat Ebola eers aansteeklik is sodar die persoon simptome van die siekte toon. Daar word vermoed dat in sommige gevalle is die koronavirus oorgedra voordat die pasiënte enige simptome gehad het.

Met meer as 10 000 Chinese firmas wat in Afrika gevestig is en meer as een miljoen Chinese burgers wat in Afrika woon, is die kanse redelik goed dat die virus vinnig hier kan versprei.

Daar is sowat 80 000 Afrika studente in China wat met Chinese studiebeurse daar studeer en Chinese studente wat na Afrika gelok word, weereens met die oog op regerings studiebeurse.

Die studente vanaf Afrika wat in die besmette gedeeltes bly, word nie maklik gepaai met die argument dat China beter toegerus is om die virus te hanteer nie en wag steeds op hul regerings om hul eerder te ontruim uit China.

Die koronavirus se vinnige verspreiding in China kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die grootskaalse beweging van mense, veral met lugvervoer. Hierdie bevolkingsbeweging sal ook in Afrika ’n beduidende rol speel.

Suid-Afrika is een van 13 lande in Afrika wat deur WHO geïdentifiseer is waar vlugte tussen Afrika en China bestaan en waar ondersteuning gebied sal word deur kundige personeel. Die ander lande is: Algerië, Angola, Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Ghana. Ivoorkus, Kenia, Mauritius, Nigerië, Tanzanië, Uganda en Zambië.

Publieke druk op lande om hulle dienste na China op te skort het egter geen invloed op die kontinent se grootste lugredery, Ethiopian Airlines, gehad om dit te doen nie en gaan die redery voort met sy gereelde vlugte na China.

Bron: BBC