Medupi – Geen ekonomiese oplewing, net gevaarlike besoedeling
“Die inbedryfstelling van Medupi Kragsentrale by Lephalale gaan geen ekonomiese oplewing teweegbring nie, inteendeel, dit hou baie gevare vir mense en die omgewing in,” volgens die verslag van David Hallowes, omgewings jurisdiksie navorser van die siviele regte groep, Groundwork. Hy gaan voort om te sê dat Medupi een van die grootste omgewings besoedelaars gaan wees aangesien daar geen voorsiening vir swaelskroppers in die ontwerp gemaak is nie.
’n Groot fout is begaan deurdat daar nie in die ontwerp vir gas swaeldioksied-skroppers in die stelsel voorsiening gemaak is om te voorkom dat giftige gasse in die atmosfeer vrygestel word nie.
Die konstruksie van Medupi het nie alleen vir Eskom op sy knieë gebring nie, maar ook die nasionale ekonomie bedreig, dan het dit ook nog ’n vernietigende impak op plaaslike gemeenskappe en die omgewing van Lephalale meegebring.
Die konstruksie van Medupi het ’n vloedgolf van kapitaal in die gemeenskap ingebring wat meer bote laat sink het as die wat op die golf gery het. Hierdie gety beweeg nou uit en laat die gemeenskap met verbreekte beloftes en valse hoop.
Die verslag dek sowat vyf dekades van nie-volhoubare ekonomiese klimakse wat tot sosio-ekonomiese ontploffings, en ineenstortings, gelei het wat tot groter probleme aanleiding gegee en min oplossings gebied het. Indien die kolletjies verbind word toon die prentjie die daarstelling van ’n siklus van armoede, verspilde hulpbronne, verwoeste omgewing en besluite vanuit die leierskorps wat erg bevraagteken kan word.
Hy sê dat die eerste groot oplewing gedurende die 80-jare was toe die oorspronklike Grootegelukmyn ontwikkel en Matimba Kragsentrale gebou is. Tydens die piek van hierdie konstruksie is sowat 10 000 tot 12 000 werkers ingebring met ’n nuwe swart dorp Marapong, wat letterlik aan die voet van Matimba opgerys het.
Die tweede groot oplewing was in 2007 met die groot uitbreiding van Exxaro se Grootegelukmyn tot een van die grootste oopgroefmyne in die wêreld, asook die konstruksie van Medupi en Eskom wat daarmee teenoor die wêreld spog as een van die grootste vier kragstasies ter wêreld. Lephalale se inwonertal het bykans verdubbel ten koste van die plaaslike infrastruktuur wat verkrummel het. Dit het die rykes net ryker ten koste van die armes gemaak.
Op die hoogtepunt van konstruksie is tussen 22 000 tot 26 000 werkers, meestal mans, in die twee projekte in diens geneem. Desnieteenstaande het die werkloosheid in die gebied van 18% tot 22% gestyg soos meer potensiële werkers in 2011 die gebied binnegestroom het. Teen die einde van 2019 was daar veronderstel dat slegs sowat 7000 konstruksie werkers oor sou bly. Werkloosheid het egter skerp gestyg, winkels het hul deur gesluit en die eiendomsmark het ineengestort.
Die Mokolorivier is onomkeerbaar beskadig en die lug is swaar besoedel met brandende afvalsteenkool by die myn en die geweldige volume vrystelling van uitlaatgasse by Matimba en Medupi.
Die derde groot oplewing word beplan met Waterberg wat aangewys word as die volgende steenkool voorlinie. Die steenkoolbase droom reeds daaroor om honderde vierkante kilometers van die delikate bosveld om te dolwe. Die nasionale regering beoog hiermee om die “minerale rykdom van die Waterberge te ontsluit”, insluitend die lewering van Gauteng se rioolwater aan hierdie droogte-gebied om die massiewe steenkool linie vanaf Lephalale, deur die Hoëveld tot in Richardsbaai vir uitvoer te ontwikkel. Plaaslike regerings hoop vir die derde groot ontwikkeling om die negatiewe effek van Medupi te neutraliseer as ’n nuwe bron ter steun van die regering se populariteit.
Om dit te bereik moet die regering alle atmosferiese en waterbesoedeling ignoreer, klimaatsverandering as ’n klein verskilletjie voorhou en onbetrokke staan teenoor die impak hiervan op die inwoners.
In die verslag noem Hallowes dat die steenkool front-linie dalk die laaste vergrype aan steenkool sal wees. Al hoe meer weerstand is besig om op te laai teen hierdie bron van energie vir Suid-Afrika se toekomstige energie behoeftes.
Volgens die verslag is klimaatsverandering toelopend vernietigend vir die Waterberg as uiters sensitiewe gebied, en kom die groep tot die gevolgtrekking dat die ontwikkeling van nog meer steenkoolmyne en steenkool gedrewe kragsentrales ’n groot misdaad teen die klimaat is. Meer steenkool veroorsaak ook meer berge van smeulende steenkool mynhope en groot hope steenkoolas wat besoedeling op grondvlak veroorsaak.
Waaroor die verslag ook sy kommer uitspreek is die feit dat Eskom nog nooit enigiets gedoen om die swaeldioksied (SO2) besoedeling aan te spreek nie en is besig om die standaarde ten opsigte van uitlaatgasse te vermy en hierdeur mense lewens hierdeur te bedreig.
Die verslag sluit af deur te sê dat ’n ander energietoekoms noodsaaklik is om te oorleef en verg ’n spoedige wegbeweging vanaf steenkool.
Groundwork is ’n nie-winsgewende omgewings jurisdiksie organisasie wat se werksaamhede in Suid-Afrika hoofsaaklik toegespits is op Klimaat en Energie Jurisdiksie, Steenkool, Omgewingsgesondheid, Groenbewustheid , Gesonde Hospitale en Afvalprodukte. verder is hulle ook deel van die “Life after Coal” aksie wie se doel is om die daarstelling van nuwe steenkoolmyne en steenkoolgedrewe kragsentrales te ontmoedig, die vermindering van besoedeling deur bestaande steenkool infrastrukture en die uitfasering van steenkool aan te moedig asook die oorskakeling na volhoubare energiestelsels vir die inwoners.
Bron: Citizen