10 Dood in gru-taxi ongeluk
Die dodetal in die gru-taxi wat Sondagmiddag op die N1 naby Midrand, Johannesburg, plaasgevind het, het volgens ’n verklaring deur die Road Traffic Management Corporation (RTMC) tot tien gestyg.
Volgens die RTMC woordvoerder, Simon Zwane het hul skok van die vernietigende ongeluk gehoor nadat die taxi teen die beton middelmannetjie tussen die paaie gebots het.
Gedurende die ongeluk het die taxi se noodwiel weggebreek wat daarna teen ’n VW Polo gebots het. Nege persone is op die toneel dood verklaar terwyl die tiende op pad na die hospitaal beswyk het.
Die woordvoerder van die JMPD, Wayne Minnaar, het vroeër gesê dat twee taxi’s in die ongeluk betrokke was en dat die verkeer in beide rigtings deur die ongeluk geraak is. Die N1 was vir ’n tydlank in beide rigtings gesluit.
Alhoewel die oorsaak van die ongeluk nie bevestig kon word nie, is bewerings gemaak dat die taxi baie vinnig gery het binne ’n 100kph sone.
Lokfoto: David Tembe/Twitter