Sabotasie vermoed na Kabelspoor kabel gesny is
Die Kanadese polisie wat die saak ondersoek nadat sowat 30 kabelkarretjies neergestort het nadat die kabel meegegee het.
Die voorval het by die Sea-to-Skei kabelspoor in Squamish noord van Vancouver gedurende die vroeë oggendure van Saterdag plaasgevind. Die polisie vermoed dat vandale die kabels gedurende die nag gesny het terwyl die fasiliteit gesluit was en niemand is in die voorval beseer nie.
Die maatskappy wat die kabelspoor bedryf sê dat daar onlangs onderhoud aan die kabelspoor gedoen is en dat daar geen probleem aan die dik kabel met ’n deursnee van 55mm was nie.
Die polisie het ook gesê dat daar ’n duidelike verskil is tussen ’n kabel wat gesny is en een wat foutief was en meegegee het.
Hulle het ook genoem dat die persoon wat hiervoor verantwoordelik was sy lewe gewaag het om teen een van die onderhouds-torings uit te klim en die staalkabel, wat onder geweldige spanning is, af te sny.
Die kabelspoor sal vir ’n onbepaalde tyd gesluit wees terwyl die ondersoek aangaan en die skade herstel word.
Die dertig kabelkarretjies kan elk agt passasiers binne 10 minute van seevlak meer as 880m (2 900vt) teen die berg opneem.