General

Dodetal na oorstromings in Durban en die Suidkus styg steeds

Uit Durban word berig dat die dodetal na die geweldige storm wat Maandagnag oor die eThekwini gebied beweeg teen Woensdag op 51 gestaan het en sal na verwagting verder styg.

Sowat 2000 noodoproepe is Maandagnag ontvang en verskeie paaie in en om die stad was gesluit as gevolg van die storm terwyl motoriste ure lange vertragings moes ervaar.

In die Malvern gebied het reddingswerkers Dinsdagoggend deur puin gegrawe waar twee volwassenes en twee kinders vroeër die oggend dood is. Volgens die bure kan nog drie kinders onder die puin begrawe wees.

Die stad se nooddienste is onder groot druk om na al die noodgevalle om te sien. Hierdie druk is verhoog deur motoriste wat aandring om met hul voertuie op die paaie te waag en dan self in die moeilikheid beland.

Verskeie paaie in laagliggende gebiede is oorstroom waarvan die ergste oorstroming was van die N2 by die ou lughawe waar motorvoertuie letterlik in die snelweg gedryf het, die N2 by die Galleria Inkopiesentrum en die Bul-Bul Weg Chatsworth Brug wat meegegee het.

Verskeie toegangspaaie en strande teen die Suidkus af is ook erg beskadig.