General

Groot skade met brand by Notre Dame – Parys

Een van Frankryk se bekendste historiese geboue, die 850-jaar oue Middeleeuse katedraal, Notre Dame, is laat Maandagmiddag gedeeltelik beskadig nadat ’n brand in die gebou uitgebreek het.

Brandweermanne kon daarin slaag om die gebou se hoof klip-struktuur, insluitend die twee kenmerkende identiese kloktorings te beveilig, maar die dak het ingetuimel.

Byna nege uur nadat die brand uitgebreek het, is dit uiteindelik onder beheer gebring.

Alhoewel die oorsaak van die brand nog nie vasgestel is nie, reken beamptes dat die restorasiewerk wat tans aan die gebou gedoen word, dalk ’n rol kon speel.

Gedurende 2018 het die Katolieke kerk in Frankryk ’n dringende veldtog geloods om geld in te samel vir herstelwerk aan die Notre Dame katedraal.

Dit het gebeur nadat krake in die klipwerk opgemerk is wat die gebou laat verkrummel. Dit is toe te skryf aan besoedeling wat besig was om die klipwerk weg te vreet.

Hierdie verkrummeling was veral sigbaar teen die dak van die gebou, wat na die brand en die ineenstorting van die dakstruktuur onmoontlik sal wees om na te spoor.

Die Franse president, Emmanuel Macron, het die toneel Maandagnag besoek en het onderneem dat die katedraal herbou sal word.

Macron het daarop gewys dat die ergste skade voorkom is deur die bewaring van die katedraal se hoofstruktuur.
Hy het ook daarop gewys dat die katedraal deel van Frankryk se erfenis en dat die herbouing hiervan ’n uitdaging vir die volgende paar jaar sal bied.

Die biljoenêr, Francois Henry Pinault, voorsitter en hoof uitvoerende beampte van die Kering-group wat die Gucci en Yves Saint Laurent handelsmerke besit, het reed onderneem om $113 miljoen by te dra tot die herstelwerk aan die katedraal.

Die vuur het omstreeks 18:30 plaaslike tyd ontstaan en vinnig die dak bereik. Op pad boontoe is die loodglasvensters en interne houtwerk vernietig voordat die dak en die kerktoring ingetuimel het.

Die steierwerk wat gebruik is om die restorasiewerk te doen, is juis om hierdie gedeelte wat ineen getuimel het en sestien koper beelde is uit die gebied verwyder voordat restourasiewerk om die krake te beveilig kon voortgaan.

Noodspanne het daarin geslaag om kosbare kunswerke asook heilige items, soos die doringkroon wat na bewering deur Jesus gedra is voor die kruisiging en binne die katedraal sedert die 12de eeu gewaar is, te red.

“Talle kunswerke is van vernietiging gered en word in ’n plek van veilige bewaring geberg”, het die burgemeester van Parys, Anne Hidalgo gesê. “Hierdie is ’n tragedie vir die hele wêreld . . . Notre Dame omvat die geskiedenis van Parys.”

Die historikus, Camille Pascal het genoem dat die Notre Dame verwoord Frankryk, meer nog as die Eiffel toring.

Dit het die naam verleen aan een van die land se letterkundige meesterstukkke, Die Boggelrug van Notre Dame, eenvoudig bekend as “Notre-Dame de Paris”.

Die enigste geleentheid wat die katedraal ernstig beskadig was in ’n brand was tydens die Franse Rewolusie en het twee wêreldoorloë redelik onbeskadig oorleef.

Verskeie kerke in Parys het hulle klokke tydens die brand, wat gedurende die Katolieke se Heilige Week vieringe uitgebreek het, aanmekaar gelui.