Nuus sedert Vrydag 13 Oktober
Massiewe terroriste-bom eis honderde in Solalië
Minstens 230 mense is Saterdag dood en honderde ander beseer na ‘n massiewe bomaanval in die Somaliese hoofstad, Mogadishu, toe ‘n vragmotor vol plofstof naby die ingang van Safari Hotel ontplof het. Daar word verwag dat die dodetal nog sal styg.
Dit is die ergste terroriste aanval in Somalië sedert die Islamietiese groep, al-Shabab met sy aanvalle in 2007 begin het. Dit is op hierdie stadium nog nie duidelik wie vir die aanval verantwoordelik is nie, alhoewel al-Shabab militante gereeld Mogadishu in hul teiken het.
‘n Somaliese verslaggewer van die BBC het van die toneel af gesê dat die Safari Hotel, waar die aanval geloods is, totaal inmekaar gestort het en da baie van die ongevalle steeds onder bourommel vasgepen is.
Volgens die Madina Hospitaal is twee en sewentig mense opgeneem waarvan vyf en twintig ernstige beserings opgedoen het.
Boer geskiet tydens tiender partytjie

‘n Boer naby Philadelphia, Atlantis, in die Wes Kaap, is net na middernag van Vrydag – Saterdag doodgeskiet to hy probeer het om sy familie en vriende te beskerm nadat vyf indringers met wapens die huis betree het waar hulle besig was om ‘n verjaarsdag partytjie te vier.
Die eienaar, Mark Fagan, het die vier mans, wie se gesigte met klapmusse bedek was, genader toe hulle hom trompop geskiet het. Hy is na ‘n naby geleë hospitaal geneem waar hy later aan sy wonde beswyk het.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kaptein FC van Wyk, het die voorval omstreeks 00:20 plaasgevind. ‘n Saak van moord is geopen en geregistreer om die voorval te ondersoek.
Volgens die oorledene se swaer het Mark die lewens van nege kinders en twee volwasse vroue gespaar deur die bende rowers uit die huis te jaag.
Dit was duidelik dat die aanvallers hul teiken goed uitgekies het met al die tienderjarige dogters wat daar was. Blykbaar het hulle reeds vroeër die dag drank en lekkergoed uit die huis gesteel en in die bosse geskuil voordat hulle toegeslaan het.
Vuurwerke in Indië verbied tot na Diwali

Die tradisionele gebruik van vuurwerke tydens Diwali, die Hindu fees van ligte, moes swig voor die giftige gasse in New Delhi, Indië, nadat ‘n verbod tien dae voor die fees geplaas is op die gebruik van vuurwerke.
Vir generasies het miljoene Indiërs in die dae voor die fees hulle huise gereinig, oor geverf en lampe gehang ter voorbereiding van die koms van die God Rama, een van die belangrikste feeste in die Hindu kultuur. Gedurende die aand en nag voor die fees word vuurwerke reg deur die nag afgevuur.
Hierdie vuurwerke dra deels by tot die giftige gasse wat New Delhi versmoor en ‘n totaal ander situasie is besig om hom te ontvou met handelaars in vuurwerke, wat die enigste inkomste vir baie van hulle is, wat voor hulle toe winkeldeure sit en wonder wat om te doen.
Na afloop van verlede jaar se Diwali fees was die lugbesoedeling so erg dat die stadsvaders 1800 openbare laerskole moes sluit.
Rook verbode op Thailand se strande
‘n Teug aan daai pypie kan jou dalk ‘n vakansie van een jaar in een van Thailand se tronke verseker in plaas van ‘n sorgvrye tyd op een van die strande.
Thailand het wetgewing afgekondig wat strande rookvrye areas maak. Voorsiening sal vir rokers verder die binneland in gemaak word waar hulle in sekere gebiede van hul stompies ontslae kan raak.
Die verbod sal op meer as twintig strande, insluitend die populêre Phuket, van toepassing wees.
Hierdie verbod volg nadat die strande skoongemaak moes word van die derduisende stompies wat dit besoedel het.
Indien die nuwe veldtog suksesvol is sal dit na ander strande uitgebrei word.
Die volgende stompie probleem is om te voorkom dat stompies, wat vanaf toeriste bote gegooi word, op hul strande uitspoel.
Kabinetskommeling hoofsaaklik wraak teen SAKPPresident Jacob Zuma se kabinetskommeling vandag is hoofsaaklik om wraak te neem teen die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) deur van dr. Blade Nzimande as minister ontslae te raak, sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
Groenewald sê dit is bekend dat die SAKP baie krities teenoor president Zuma staan, en dit het tot hierdie stap gelei.
Wat die skuif van David Mahlobo, voormalige minister van staatsveiligheid na die portefeulje van energie aanbetref, sê Groenewald dit is duidelik dat Mahlobo geskuif is in ʼn poging om steeds die kernkragplan en beloftes aan die Russiese leier, Vladimir Putin, deur te voer.
“Hierdie kan gesien word as ʼn desperate skuif aangesien dit bekend is dat Mahlobo ʼn slaafse navolger van president Zuma is en sy opdragte sal uitvoer.
“Die minister van finansies het gister nog gesê Suid-Afrika het nie die geldelike vermoë om die kernkragplan deur te voer nie, maar dit is duidelik dat die president hierdie boodskap nie kry nie.
“Die nuwe minister van staatsveiligheid, Bongani Bongo, is daar geplaas om seker te maak president Zuma steeds beheer hou oor dié agentskap en ander instelling om homself te beskerm, en om seker te maak hulle kan aangewend word tot die voordeel van die Zuma-faksie vir die 2019-verkiesing.
“Bongo is eintlik ʼn agterbanker wat eers in 2014 parlement toe gekom het en hy is ʼn onervare politikus. Tot dusver het die ANC hom hoofsaaklik aangewend vir parlementêre ad hoc-komitees soos vir die aanwys van die huidige Openbare Beskermer (OB) en nou weer vir die komitee gemoeid met die befondsing van politieke partye.
“Hy kom van Mpumalanga en dit wil voorkom of die president met sy skuif invloed probeer kry op die provinsie wat op een ná die meeste afgevaardigdes na die ANC se verkiesingskonferensie in Desember gaan stuur.
“Die skommeling beteken ook nie dat president Zuma nie steeds voor Desember verdere skuiwe kan maak om plek te maak vir Nkosazana Dlamini-Zuma en om die huidige adjunk-president, Cyril Ramaphosa, met haar te vervang nie,” sê Groenewald.