Die KunsteGrot op Thabazimbi bied op Woensdag 30 November ‘n Hollywood fliekdag aan om die begin van die vakansie met veilige vermaak vir die kinders in te lui. Vir die ouer mense is daar iets vir die aandvertoning.
Die spyskaart vir die dag se flieks is as volg:
09:30 – Bee Movie
11:30 – Free Birds
14:00 – Transformers Age of Extinction
…en vir die “grootmense”
18:00 – Begin Again
(John Carney , director, met Keira Knightley, Mark Ruffalo en ander groot name)
Toegang: Slegs R20 toegang per fliek.
So-pas is bevestiging gekry dat “Sy klink soos Lente” ook oppad is na die Kunstegrot. Bespreek sommer nou jou kaartjie vir die vertonings Vrydag 2 Desember om 19:00 en Saterdag 3 Desember om 10:30. Toegang is slegs slegs R50.
Kom pak die KunsteGrot asseblief vol om bietjie fondse in te samel vir die vol program wat reeds vir volgende jaar beplan word.
2017 word dan ook sommer vroeg in die nuwe jaar afgeskop met “Jonathan” en “Vir die Voëls “.

