Wintersport Uitslae HFM Vs Warmbad

HFM LogoThabazimbi. – Op Woensdag 18 Mei het die hokkie- en netbalspanne van Warmbad Hoërskool by Frikkie Meyer kom besoek aflê. Dit was die volgende liga rondte vir beide sportsoorte en dit het goed gegaan met die spanne van Frikkie Meyer.

Op die netbalbane slaag 3 van die 4 spanne daarin om Warmbad te klop: die o/14 A-span wen 34 – 15; die o/16 A-span wen 25 – 3, maar die o/15 A-span moet egter tevrede wees met ‘n gelykop uitslag nadat die Warries in die laaste 5 minute die agterstand uitwis en die eindtelling 21 – 21 lees. Die eerstes domineer van die eerste oomblikke in hul wedstryd en en Warmbad het nie antwoorde gehad op die onstuitbare Frikkies aanslag nie. Juf Mariaan Senekal en haar span wen hul wedstryd gemaklik met 39 – 9.

Op die hokkievelde het die Frikkies oorheers en gemaklik al 5 wedstryde gewen: o/14 A wen 2 – 1; o/15 A wen 5 – 0 en o/16 A wen 4 – 0. Veral vir die o/16-spannetjie is dit ‘n goeie wen wat dalk die ommekeer van die seisoen inlei. Die tweedeswen 2 – 0 en die puik afronding van die eerstes laat die bal met gereelde maatslag teen die doelhok klap. Die eerstes oortuig met ‘n baie goeie 9 – 0 oorwinning. Beslis ‘n pluimpie vir juf. Ansa Erasmus en haar spannetjie!

Die volgende rondtes ligawedstryde vind plaas op HFM se velde op onderskeidelik 24 Mei (netbal vs Settlers) en op 28 Mei (hokkie en netbal vs Nylstroom).