Thabazimbi Gholfklub Gholfnuus

Luzaan Combrink is gekroon as die Kampioen van Kampioene.
Luzaan Combrink is gekroon as die Kampioen van Kampioene.

Die afgelope twee weke is albei kere, Maandelikse skagspel gespeel asook die Kampioen van Kampioene.
Beide Desember se slagspel (67) Netto en Januarie se Slagspel (69) Netto is gewen deur Luzaan Combrink. Dit het ook meegebring dat Luzaan gekroon is as die Kampioen van Kampioene. Luzaan speel op ‘n 15 voorgee en is huidiglik uitstekend op dreef.
Ander spelers wat goed gedoen het in beide slagspelle was Heinrich Penzhorn, Rikus de Wet en Loutjie de beer.
Eerskomende Sterdag is Barney’s Gholfdag. Hierdie is elke jaar ‘n heerlike dag waar lekker gekuier word.
Die komitee nooi almal om op ons uitstekende baan te kom speel.