Internasionale Celebs by Studio III Modelle Nasionale eksamen

RUSTENBURG – Maande se voorbereiding en oefen het vrugte afgewerp vir die modelle van “Studio III model Academy” toe hulle op Saterdag 29 November hul Nasionale eksamen afgelê het. Hierdie glansgeleentheid het plaasgevind by Stop n Stay Lodge in Rustenburg waar Modelskole in die omgewing bymekaar gekom het. Die modelle het die geleentheid gekry om hul vermoë ten toon te stel op verskeie gebiede soos “Ramp, Top model, Photogenic, Freeze, Spokes , Face en Beat”.
Top internasionale model en aktrise Loui Fish, wat voorheen getroud was met bekende sokkerster Mark Fish, het as een van die beoordelaars opgetree en het ook potensiële modelle vir toekomstige kontrakte gewerf. Dominique Rensleigh wat ook nie enige bekendstelling nodig het in die modelbedryf en filmbedryf as akteur in die immergewilde sepie, Egoli en vele ander nie, was ook by hierdie geleentheid betrokke.
Studio III se modelle het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en met vele medaljes en trofeë huis toe gekom. Rozé Bester het goud verwerf in al die kategorie en ook weggestap as Beste Model van die jaar. Megan Hearne het ook goud verwerf in al die kategorie en weggestap met “Best Perfoming Model” van die jaar. Soné Bisschoff het drie goue medaljes en een silver ontvang, Anemie du Preez ontvang drie silver medaljes, Clementia van Zyl ontvang twee goud en een silver en Kirsten Erasmus wat slegs vyf jaar oud is het twee goue medalje en twee silver medaljes verwerf.

Modelle wat presteer het is agter vlnr Soné Bisschoff, Anemie du Preez, Celest en Peter de Beer van Studio III, Megan Hearne, Clementia van Zyl en Rozé Bester, Voor: Kirsten Erasmus.
Modelle wat presteer het is agter vlnr Soné Bisschoff, Anemie du Preez, Celest en Peter de Beer van Studio III, Megan Hearne, Clementia van Zyl en Rozé Bester, Voor: Kirsten Erasmus.