Eerste verkeerslig in Thaba

44-VerkeerligGeskiedenis is die afgelope week gemaak met Thabazimbi se eerste verkeerslig wat geïnstalleer word. Die verkeerslig gaan die drie-rigting stop by die Lephalale / Warmbadweg aansluiting vervang. Met die druk verkeer soggens en veral in die middae, as motoriste van hul werk terugkeer huis toe vanaf die Kumba werkswinkels en Amandelbult, het hierdie verkeersligte ‘n noodsaaklikheid geword. Dit is veral verkeer vanuit die Pick n Pay koopsentrum en die nuwe Thaba Mall wat hieruit gaan baat om hul geleentheid te bied om by die stroom verkeer wat die dorp inbeweeg, aan te sluit.