Frikkies vat vlam

Die 2014 SR saam met die SR Voogde, mnr Glen van Rooyen en me Chrisna Els. Agter vlnr: Dijan vd Merwe, Lucius Potgieter, Daniel Kgothlang, Jason Dye, Glen van Rooyen, Ruan Bisschoff, Chrisna Els, Jimmy Smith, JW Viljoen, Petro-Mari Pieterse en Adriaan de Lange. Middel: Anmarie Boshoff, Anina Snyman, Forgive Mashimo, Ilke Lategan (hoofmeisie), Hendrik du Plessis (hoofseun), Andriëtte Grobler, Elza de Villiers en Bianca Engelbrecht. Voor: Marizaan J v Vuuren, Armand Davies, Benhard J v Rensburg, Nesta Schutte, Clemens Steenkamp en Natassja de Villiers.

THABAZIMBI – Die eerste Vlam-toekenningsfunksie van Hoërskool Frikkie Meyer is verlede week Dinsdagaand by die Trollope/Trophy Breedersaal op die Thabazimbi Skouterrein aangebied.
Hierdie Vlamfunksie is die inisiatief van die 2014 SR en bied die uitblinkers in die skool die geleentheid om op hul eie die aand gesellig te verkeer met lekker dansmusiek en ‘n lekker ete daarby ingesluit.
Die gastelys sluit in: Alle leiers en sportkapteine, Eerstespanne, Akademiese Top 10, leerders wat Rooi Luiperdbanjies verwerf vir baie goeie bywoning van skoolgeleenthede asook alle Provinsiale/Nasionale presteerders.
Die beginsel is heel eenvoudig en enige leerling vanaf Gr 8 tot Gr 12 kan aangewys word om saam te kuier. Al die A-spanne moes byvoorbeeld een van hul spanlede wat ‘n positiewe bydrae tot die spel of die span in geheel gelewer het, nomineer. Op die ou einde word uit al hierdie nominasies vir elke span drie leerders genomineer vir ‘n Vlam-toekenning. Tydens die Vlamfunksie word die drie genomineerdes se name bekend gemaak asook die wenner van die Vlam-trofee.
By die funksie, het leerders gestem vir die VLAM van die Jaar wat dus Frikkie Meyer se mees geliefde ambassadeur is. Hierdie eer het Hendrik du Plessis, die 2014 hoofseun te beurt geval.
HFM se 2014 SR ouers het reggestaan met die kos vir die ongeveer 200 genomineerdes en gaste.
Met die aanbieding van hierdie funksie het die 2014 SR beslis ‘n duidelike stempel gelaat deurdat hierdie funksie in die toekoms een van die hoogtepunte van die jaarafsluiting vir die skool sal uitmaak.