Top Stories

SA’s: Goud vir Miné

13-Mine voorblad

Miné Lategan hou trots die goue medalje vas, net nadat sy dit ontvang het as wenner vir hoogspring Do/13. Laerskool Thabazimbi het Saterdag 22 Maart geskiedenis gemaak by die afgelope SA’s toe die skool se enigste atleet wat vir Limpopo se Provinsiale span gekies is, goud in haar item losgespring het. Miné Lategan het Laerskool Thabazimbi, asook die Provinsie se naam hoog gehou tydens die S.A. Atletiekbyeenkoms wat die afgelope naweek te Paarl in die Kaap aangebied is, toe sy die eerste plek verwerf het met ‘n hoogte van 1,58 meter. Miné was een van 17 deelnemers in die afdeling Hoogspring Do/13.